Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Reseptor subsensitiwiteit. Asook die vehooging in die aktiwiteit van die mikrosomale etanol oksidasie ensiemsisteem. Met kroniese gebruik kan MEOS geinduseer word wat sal lei tot verhoogde omskakeling van asetaldehid na asetaat.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Progresiewe verlaging in lewerfunksie wat hepatitis en lewersirose to gveolg kan he. Verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme. Glukogenese verlaging.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Verskyning van perifere neupatie met kroniese alkolisme en 'n tiramien ebrek. Wernick-Kosakoff sindroom word gekenmerk deur ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Dit word behandel deur parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Dit is verstandelike vertraginig, groeigebreke, mikrokefalie en 'n onderontwikkelde midelste gesigarea van 'n pasient wat as embrio in die eerste trisemester aan alkoholmisbruik blootgestel is. Dit is as gevolg van beskadiging van ontwikkelende neurone wat in die uterus aangerig word.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Kroniese etanol misbruik | Akute etanol misbruik. |
Verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. | Verlaag die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. |
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word
Vasodilatore, Hipoglisemiese middels, Aspirien en Parasetamol