Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Dit beteken dat daar slegs n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem (NAD) is en dit dus versadigbaar is met baie hoë hoeveelhede van alkohol inname. Die tempo van afbraak sal altyd konstant bly ongeag die hoeveelheid wat ingeneem word.
2. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Daar is 2 ensiem sisteme betrokke by die metabolisme van alkohol naamlik:
3. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels. DIe effek is dat hierdie middels aldehied dehidrogenase onderdruk wat beteken dat asetaldehied nie gemetaboliseer kan word na asetaat nie en dan ophoop. Die ophoping van asetaldehied veroorsaak naarheid, hoofpyn, hartkloppings en duiseligheid.