CILA PAUER

Default profile image
----------

BLOG#7

13 Mar 2021, 10:27 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Middels wat die Pil se metabolisme beïnvloed sluit in:

Fenobarb

Karbamasepien

Fenitoien

Oksarbasepien

Topiramaat

Die implikasie hiervan is dat dit die Pil se effektiwiteit beïnvloed en ongewenste swangerskappe kan voorkom.

Middels wat veilig is om saam met die Pil te gebruik sluit in:

Valproaat

Lamatrogine

Gabapentin

Leviteracetam

Vigabatrin

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

In neonate word die middels stadiger gemetaboliseer as by volwassenes.

By babas en kinders is daar ʼn vinniger metabolisme as volwassenes.

By bejaardes word daar laer dossise gegee omdat hul lewer en nier funksie gewoonlik onderdruk is.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Wanneer Fenitoien gebruik word want dit het ʼn versadigbare metabolisme in die lewer. Jy moet versigtig wees met dosis verhoging want dit kan toksisiteit veroorsaak.