1.Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Middels wat die pil beinvloed:
Fenobarbitol
Fenitoien
Karbamasepien
Okskarbamasepien
Toprimaat
Felbamaat
Hierdie middels induseer sitochroom P450 wat tot gevolg het dat estrogeen en progesteroon omgeskakel word na hul metaboliete en die serum konsentrasies verlaag.
Middels wat veilig is saam met die pil:
Valproaat
Lamotrigine
Levetiracetam