1. Watter tipe ioonkanale word op die senuselmembrane gevind?
Potensiaalafhanklike ioonkanale en Ligandbemiddelde ioonkanake.
2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Potensiaalafhanklike ioonkanale |
Ligandafhanklike ioonkanale |
Dit is indirek werkend. |
Dit is direk werkend. |
Dit bevat metabotropiese reseptore. |
Dit bevat ionotropiese reseptore. |
Dit bring metaboliese veranderinge voort. |
Opening van kanale. |
3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Ionotropiese reseptore kom in ligandafhanklike ioonkanale voor, en metabotropiese reseptore kom in potensiaalafhanklike ioonkanale voor. Die metabotropiese proses neem langer as ionotropiese proses omdat G-proteïene, wat 2de boodskappers vorm, betrokke is.
4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropiese reseptore:
Metabotropiese reseptore:
1. Adenielsiklase stelsel:
Fosfolipase C-stelsel
5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
IPSP: Inhiberende post sinaptiese potensiaal en is SSS inhiberend. Voorbeeld: GABA-A bind aan die reseptore. Die Cl kanale word oopgemaak en dus vind hiperpolarisasie plaas, wat gevolglik keer dat aksie potensiaal vorm. So is dit inhiberend teenoor die SSS.
EPSP: Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal en is SSS aktiverend. Voorbeeld: Seritonin bind met die 5-HT3 reseptor. Die Na kanale gaan oop en dus vind depolarisasie plaas, wat gevolglik 'n aksiepotensiaal maak. So is dit aktiverend teenoor SSS.
6. Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Kalsium speel 'n groot rol by die vrystelling neurotransmitters, en dus is kalsium ook belangrik by die vrystelling van die sinaptiese aksie potensiaal.