1. Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Lipofiliteit beïnvloed die verspreiding en absorpsie van sedatief-hipnotiese middels, en die tempo van absorpsie word daardeur bepaal. Dit gaan bepaal of 'n kort- of langwerkende middel gebruik gaan word. Hoe meer lipofiel die middel is, hoe vinniger gaan dit deur die SSS versprei en geabsorbeer word, en anders om, hoe minder lipofiel, hoe stadiger word die GM versprei en geabsorbeer.
2. Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Herdistibusie is wanneer 'n geneesmiddel versprei na die brein, hart en niere, en dan direk daarna versprei na spier weefsel en vet weefsel in die liggaam. Dit is van belang want dit verseker dat die duur van werking van die middel verleng sal word.
3. Hoe word die BD'e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
Stap 1: Dealkilering - Aktiewe metaboliete word gevorm.
Stap 2: Oksidasie - Sitochroom P450 laat aktiewe metaboliete vorm.
Stap 3: Konjugasie - Fase 2 van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur, om onaktiewe metaboliet te vorm.
4. Watter BD'e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Chloorasepaat, Prasepam, Diasepam, Ketasolam en Chloordiasepoksied.
Aktiewe metaboliete sal 'n verlengde werkingsduur verseker.
5. Watter BD'e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
Lorazepam, Lormetazepam, Oksasepam en Termasepam.
Voordele: Dit is die perfekte middels vir pasiënte met 'n lae sitochroom P450 afktiwiteit, en sal dus dan die keusemiddels wees.
6. Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie is wanneer 'n middel die produksie van sekere ensieme verhoog wat gevolglik dan lei na 'n verhoogde tempo van metabolisme.
Middels soos bv; Barbutirate soos Fenobarbital.
Die kliniese belang van hierdie middels is dat daar 'n verlenging in die middel se werkingsduur sal wees as gevolg van die tempo van metabolisme wat verhoog.