1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol absorbeer en versprei baie vinnig in die liggaam. Dit absorbeer baie vinnig agv die klein wateroplosbare molekules waaruit dit bestaan en versprei baie vinnig agv die lipofiliteit van die molekules. Die piekvlakke kan gesien word in 30 minute in persone wat vastend is. Die volume van distribusie is gelyk aan die totale liggaamswater (0.5-0.7 L/kg). Die piek in vroue is gewoonlik groter in vroue as in mans omdat hulle minder liggaamswater het. 90% Van die alkohol word in die lewer gemetaboliseer en die res word in die longe en uriene. In 'n volwassene word etanol 7-10 g/h gemetaboliseer, dit wil sê dat 1g/h vir elke 10 kg liggaamsmassa gemetaboliseer word.
Die kliniese betekenis van hierdie is dat dit die toksisiteit and afhanklikheid van 'n persoon aan alkohol bepaal.
2. Gee 'n kort opsomming van die metaboliese weë van etanol metabolisme.
Tydens etanol metabolisme vind daar 2 ensiem sisteme plaas. Die eerste ensiem sisteem wat plaasvind is Alkoholdehidrogenase. Hierdie sisteem vind slegs plaas wanneer lae en matige hoeveelheid alkohol ingeneem word en vind primêr plaas in die lewer. 'n Konstante tempo van afbraak van 7-10 g/h vind plaas ongeag hoeveel alkohol ingeneem word.
Sodra 'n groter konsentrasie alkohol ingeneem word verander die metabolisme van die eerste sisteem na die tweede sisteem toe, naamllik MEOS (Mikrosomale Etanol Oksidasie). Die etanol word hier geoksideer en vorm 'n produk naamlik Asetaldehied. Hierdie aktiwiteit is verantwoordelik vir toleransie aangesien chroniese gebruik die MEOS aktiwiteit verhoog.
3. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels.
Hiedie middels inhibeer aldehied dehidrogenase en gevolglik word die Asetaldehied meer en hoop op, wat veroorsaak dat dit nie gemetaboliseer kan word nie. Die effek van opgehoopde Asetaldehied is naarheid, blosing, hoofpyn, duisligheid en ook hartkloppings.