1. Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkohol inname?
As die persoon se alkohol inname veroorsaak dat die metabolisme van die alkohol in die persoon se liggaam verhoog, verhoog die persoon se kanse om 'n toleransie teenoor alkohol te bou.
2. Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewer metabolisme?
Die optimale funksionering van die lewer verlaag, en gevolglik kan dit hepatitis en sirrose veroorsaak. Nog 'n nagevolg is die verlaging van glukoneogenese.
3. Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wernicke-Korsakoff-sindroom is 'n sindroom wat plaasvind agv 'n tekort aan Thiamine en Vitamien B. WKS veroorsaak gevolglik ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Vitamien B inspuitings word toegedien en parentale dosisse van Thiamine word gegee aan 'n pasiënt om permanente breinskade te voorkom. 'n Gebalanseerde dieet sal ook effektief help vir die behandeling van WKS, asook die behandeling van alkoholisme wat dan ook sal help om WKS te behandel.
4. Wat is die Fetale Alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fetale alkoholsindroom vind plaas wanneer 'n ma alkohol in haar eerste trimester tydens swangerskap misbruik, en gevolglik kan dit veroorsaak dat die kind wat tydens die misbruik van alkohol gedra is aan verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigsarea lei.
5. Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute gebruik van alkohol verlaag ander geneesmiddels se metabolisme, waar die chroniese gebruik van alkohol ander geneesmiddels se metaboliese transformasie verhoog.
6. Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Parasetamol, Diasepam, Alprazolam en Oksasepam