CHANÉ VAN RENSBURG

Default profile image
CHANÉ SNYMAN

Blog #9

4 Apr 2021, 21:01 Publicly Viewable

1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Senuwees:

    • Kleiner en gemiëlineerde vesels
      makliker geblok as groter en ongemiëlineerde vesels.
    • Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, pynsensasie selektief geblok deur lokale anestetika.
    • Vesels in middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die aan die buitekant van die bundel.

2. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart:

Klas 1 anti-aritmiese middels (Lidokaien is klas 1 middel wat Natrium kanale blokkeer in die hart met die doel om die Aksie Potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng).

  • Skeletspier:

Swak blokerende effek, geen kliniese toepassing.

  • Kokaïen:

Verhoog gemoedstoestand, beinvloed sentrale katesjolamien-gemedieerde
neurotransmissie (inhibeer NA heropname).

3. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Die keuse van lokale anestetika berus op die volgende faktore:

  • Die tipe prosesure of operasie wat gedoen word.
  • Die tipe weefsel waarop die lokale anestetika moet inwerk.
  • Die tydsduur wat hierdie middels ‘n sederende of verdowende effek moet hê.

4. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Koolstofdioksied tree op as ‘n buffer vir die lokale anestetika en daarom sal dit die effekte van die lokale anestetika poteniseër.

5. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïen
  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen

Bronnelys: Brand, L. 2021. Lokale anestetika. Leereenheid 6 [PowerPoint Presentation]. Unpublished Lecture Notes on eFundi. FKLG 312. Potchefstroom:NWU.