ELSUNE HOUGH

Default profile image
----------

Blog #10

18 Apr 2021, 00:01 Publicly Viewable
  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Middels wat verhoogde dopamien aktiwiteit bevorder en middels wat verlaagde (anti-)cholinergiese aktiwiteit bevorder.

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit is 'n antivirale middel met 'n baie bree meganisme van werking.Amantadien is 'n metaffinoied potensieerder van dopamien wat die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese.Dit blokkeer die heropname van dopamien is anticholinergies en 'n NMDA-antagonis.

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Rasagillien- inhibeer selektief MAO-B ensieme wat dopamien metabolisme onderduk en dopamien vlakke in die SSS verhoog.

Selegillien-Onomkeerbare remmer van MAO-B wat dus dopaamien konsentrasies in die SSS verhoog.

Entakapoon en Tolkapoon- KOMT-remmers.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Broomkriptien is 'n ergoderivaat en Pramipeksool en Ropinirool is nie.

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien- Dopamien 2 reseptore

Pramipeksool- Dopamien 3 reseptore

Ropinirool- Dopamien 2 reseptore

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Pramipeksool, Rasagillien en Selegilien

Neuronbeskermende middels poog om die senuweeselle teen skade, degenerasie of verswakte funksie te beskerm.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit verhoog dopamien konsentrasie in die SSS en verlaag die siekte progressie 

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Dit metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa.Dus verleng dit die werkingsduur van L-dopa, verlaag die perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid.

  • Hoe werk Istradefilien?

Dit is 'n andenosien A2 antagonis , adenosien inhibeer D2 funksie  en word gebruik vir addisionele terapie by L-dopa/Karbidopa wanneer af-episodes ervaar word.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

2-ledige werkingsmeganisme

Verhoog Dopamien aktiwiteit deurdat hy 'n potente omkeerbare inhibeerder van MAO-B is en die heropname van dopamien inhibeer.

Verlaag glutamaat vrystelling.