Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese syketting: chloorpromasien (Largactil®)
Piperidien syketting: perisiasien (Neulactil®)
Piperasien syketting: flufenasien (Modecate®), perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Alifatiese en piperidienverbindings het n n lae potensie en beskik oor die volgende newe effekte: erge sedasie, sterk anticholinergiese effekte, sterk a-litiese effekte(postural hipotensie) en is kardiotoksies.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese D2 reseptore
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Atipiese middels: Blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2.
Tipiese middels: Blokkeer mesolimbiese D2 reseptore.
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Blokkade van die mesolimbiese dopamien 2 reseptore.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Haloperidol. Dit het die hoogste affiniteit vir D2 reseptore.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Dopamien 2 en muskariniese reseptorblokkade.