JESS GROENEWALD

Default profile image
----------

Blog #13

30 Apr 2021, 20:14 Publicly Viewable
  1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Dit beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme. Die DAG word beïnvloed deur die afname in verskeie ensieme wat help met die omskakeling en hersirkulering van membraan fosfoïnositiede.

  1. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Dit het ’n noue terapeutiese indeks (0.8 – 1.2 mmol/L). Indien dit hoër is as 1.2 mmol/L kan dit potensieel toksies wees. Dit is baie belangrik om doserings so laag as moontlik te hou om toksisiteit te voorkom.

  1. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Dit is ’n gemoed stabiliseerder, en word meestal as enkelmiddel gebruik in bipolêre steurnis, major depressie en voorkom dus ook selfmoord. Dit kan ook as enkelmiddel gebruik word vir profilaktiese behandeling. Dit word met lamotrigien gekombineer om mania bipolêre steurnis en depressie te behandel, maar dit kan ook met karbamasepien gekombineer word.

  1. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddel voorbeelde.
  • Diuretikums (soos tiasiede) verminder renale opruiming met  25%
  • Teensuurmiddels (soos natriumbikarbonaat) verhoog renale uitskeiding van litium, en verlaag dus die effek daarvan.
  • Neuroleptika en tradisionele antipsigotiese middels kan meer EPS veroorsaak indien dit in kombinasie met litium gebruik word.

  1. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  • Tremore, ataksie, afasie en sedasie
  • Moegheid en Spierswakheid
  • Polidipsie, nokturie en poliurie
  • Edeem
  • Leukositose
  • Tiroïed vergroting
  • Massatoename
  • Alopesie en Aknee

  1. Wat is die status van litium gebruik tydens swangerskap en laktasie?

Tydens swangerskap verhoog die renale uitskeiding, en gaan na laer vlakke na geboorte, daarom kan die pasiënt toksiese vlakke ervaar. Litium toksisiteit in babas veroorsaak letargie, sianose, swak suig en Moro reflekse. Tydens laktasie word litium oorgedra na die baba. Litium is ’n kategorie D geneesmiddel en moet slegs in lewensbedreigende gevalle gebruik word.

  1. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Huntington se siekte

Instandhouding van bipolêre steurnis

Major depressie

  1. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel. 

Sy het moontlik litium toksisiteit opgedoen, alhoewel haar plasma vlak 0.8 mmol/L is (binne terapeutiese indeks). Die NSAID (indometasien) kan toksisteit veroorsaak, asook die diuretikum wat sy gebruik, aangesien dit renale opruiming van litium verminder. Litium toksisiteit veroorsaak massatoename, moegheid en dehidrasie, dus sal ek aanbeveel dat die dosis verlaag moet word, sy moet ophou om die diuretikum te gebruik, of sy die dokter moet ’n ander geneesmiddel voorskryf.