Blog#12
Klassifikasie van middels wat as antidepressante gebruik word:
TAD-tersiere en sekondere amiene |
Sekondêre amiene: Desimipramien Lofepramien Nortriptilien Tersiêre amiene: Amitriptillien Butriptilien Chloorimipramien Dotiëpien Imipramien Trimipramien |
MAOI |
Tranielsipromien Moklobemied |
SNRI |
Duloksetien Venlafaksien |
NARI |
Reboksetien |
SSRI |
Esitalopram Fluoksetien Fluvoksamien Paroksetien Sertralien Sitalopram |
5-HT Reseptor Moduleerders |
Trasodoon Vortioksetien Nefasodoon |
Tetra/inusiklies anti-depressante |
Bupropioon Mianserien Mirtasepien |
Sirkadiese ritmereguleerders |
Agomelatien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Daar is veelvuldige multipotente werking op monoamienergiese resptore wat lei tot non spesifieke verhoging van Noradrenalien konsentrasie en serotonien konsentrasie by die sentrale sinapse.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
14-21dae, omrede dit twee of meer weke neem vir sintese van Brein-afgeleide neurotrofe faktor.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit |
Newe-effekte |
Veiligheid |
|
TAD’e |
TAD’e benodig titrasie tot Minimum Effektiewe Dosis (MED). |
|
Akute oordosis is baie gevaarlik. Oordosis kan die volgende tot gevolg hê: Koma, Konvulsie en Kardiotoksiteit. |
SSRI’s |
Kan onmiddelik met volle dosis toediening begin. |
- Angs (akuut) - Seksuele disfunksie - Insomnia - Tremore - SVK: steurnisse - Hoofpyn - Verlaag libido, - EPS - Onttrekkingsindroom |
Veiliger om te gebruik aangesien hulle newe-effek profiel baie beter is |
Hoe werk mirtasepien?
Blokkade van die inhibitoriese α2 reseptore- verhoog vrystelling van NA (outoreseptore) en 5-HT(heteroreseptore).
Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities
Blokkeer 5-HT3: angsiolities en anti-emeties
Blokkeer 5-HT2A: antidepressiewe effekte
Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer die 5-HT en NA heropname (met n hoër affiniteit vir 5-HT) en daarom sal serotonien(5-HT) konsentrasie asook Noradrenalien(NA) konsentrasie verhoog as dit nie heropgeneem word nie.
Hoe werk agomelatien?
MT1 agonis en MT2 agonis- Herstel abnormale slaapbioritmes.
5-HT2c antagonis: Disinhibisie van Dopamien(DA) en Noradrenalien(NA) vrystelling in FK (verhoog DA en NA vrystelling) -Bevorder slaap en het antidepressiewe werking.