MARCELLE JACOBS

Default profile image
MARCELLE JACOBS

Blog #13 (31772692)(LE 12.2)

31 May 2021, 10:43 Publicly Viewable

Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?

Alkohol verminder angs en het kalmerende eienskappe en daarom word alkohol dikwels misbruik vanaf ‘n jong ouderdom af.

Volgens SA se wet mag ‘n persoon nie meer as 0,05g/dL alkohol inneem en bestuur nie, wat beteken dat indien jy 2 drankies binne 1 uur inneem jy alreeds op / oor die limiet is.

Dit neem die liggaam ongeveer 1 uur (60 minute) om 1 eenheid alkohol te metaboliseer.

Die volgende is ‘n aanduiding van effekte wat jy kan verwag met ooreenstemmende alkohol konsentrasies in jou bloed:

BAC (mg/dL):

Effekte:

50-100

  • Sedasie
  • Stadige reaksies

100-200

  • Verlaging in motorfunksies
  • Praat stadiger
  • Onvermoe om willekeurige spiere bewegings te beheer.

200-300

  • Naarheid
  • Braking

300-400

  • Koma

>500

  • Respiratoriese onderdrukking (sukkel om self asem te haal)
  • Dood

 

Deur alkohol te gebruik, maak dit jou minder beswus van wat om jou aangaan omrede jy ontspannend is. Dit is om hierdie rede wat baie jong mense in die moeilikheid beland, waar hulle drankies “gespike” word en dan kan hulle niks onthou van wat gebeur het nie. Middels wat gebruik word om drankies te dokter in kuier plekke en “clubs” tesame met die hoeveelheid alkohol wat jy inneem word gebruik vir wat hulle na verwys as “date rape”. Hierdie kombinasie van middels het geweldige sedasie tot gevolg en daarom is daar so baie jong mense wat dan niks kan onthou nie.

Alkohol gebruik veroorsaak ook sentrale senuwee stelsel onderdrukking en daarom kan akute oordosisse so gevaarlik wees omrede respiratoriese en kardiovaskulere onderdrukking tot gevolg het en ten einde tot die dood kan lei.

Newe-effekte wat met kroniese alkohol gebruik geassosieer word sluit onder andere die volgende in:

  • Ontwikkel tolerasie en afhanklkheid
  • Lewer – wan absorpsie en lei tot voedings behoeftes en verhoogde risiko vir pankreatitis.
  • Gastro-intestinale effekte – irritasie, inflammasie, bloeding en maagwand beskadiging.
  • Endokriene en elektroliet wanbalanse – ginekomastie, testikulere atrofie, endeem, en hipoglisemie.
  • Kardiovaskuler – hipertensie, anemie, hartaanval.
  • Immuunsisteem – verlaagde immuniteit wat lei tot longonsteking en toename in voorkoms van velle ander siektes en infeksies.
  • Kanker – alkohol is karsinogenies en daar is ‘n verhoode risiko vir kanker in mond, larinks, keel, esofagus, lewer en bors kanker.

Toleransie = ‘n Verhoging van die oorspronklike dosis word benodig om dieselfde effekte te weeg te bring en kom gewoonlik voor as gevolg van chroniese geneesmiddel gebruik.

Afhanklikheid = Onttrekkingsindroom kom voor omrede daar aanhoudende gebruik van ‘n sekere middel plaasvind en daarom pas liggaam aan by die aanhoudnde blootstelling.

GEEN HOEVEELHEID ALKOHOL KAN AS VEILIG BESKOU WORD NIE!!!!!!!

Alkohol onttrekkingsindroom is ‘n groot risiko indien jy iemand is / iemand ken wat baie alkohol gebruik. Alkohol onttrekkingsindroom se ernstighieds graad hang af van die duur en mate van alkohol gebruik / misbruik.

Simptome kan ervaar word so vinnig as 6 – 8 ure nadat die alkohol gestaak is en word beter na 1-2 dae. Daar is ook uitste gevalle waar die onttrekkings simptome tot die dood kan lei en waar dit so gou as moontlik behandel moet word.

Die volgende is tekens en simptome van onttrekking en indien jy of iemand wat jy ken enige van die simptome ervaar, moet jy behandeling kry en moet jy weet dat jy moontlik alreeds verslaaf is.

  • Simpatiese stimulasie
  • Angs
  • Tremore
  • Naarheid
  • Braking
  • Delirium
  • Hallusinasies
  • Konvulsies

Die bogenoemde tekens en simptome kan fatal wees en moet dadelik behandel word.