CASPER CORDIER

Default profile image
CASPER CORDIER

Blog#13

23 Jun 2021, 23:41 Publicly Viewable

Blog#13 LE 9.5

1) Lituim inhibeer van die ensieme betrokke by die neuronale membraan fosfolioiede se herwinning. Dit inhibeer ook glycogen sintese kinase, die lituim put die tweede boodskapper bron uit en sodoende neem die effekte af.

2) 0.5-1.5mM omdat die terapeutiese indeks so klein is kan die middel vinnig toksisiteit veroorsaak dus moet dit gemonitor word wanneer die middel voorgeskryf word.

3) By bipolêre versteurings kan lituim as enkelmiddel gebruik word.

Wanneer lituim gekombineer word is dit saam valproaat vir die geval van akute manieseversteuring en dit kan ook saam antipsigotikums gegee word wanneer ‘n pasiënrt met skitsofrenie gediagnoseer is.

4) As lituim gebruik word in kombinasie met ouer antipsigotikums kan dit lei tot erge EPS voorbeelde van sulke midddels is chloorpromasien.

As Lituim gebruik word kan dit nie saam kaffiene gebruik word nie ook nie teensuur middels nie want die middels verhoog die renale uitskeiding van lituim en dus verlaag lituim se effekte en is dalk onaktief.

As dit saam NSAIM’s soos diclofenac en ACE inhibeerders sowel as fluoksitien gebruik word verhoog dit die lituim vlakke en kan dit dus makliker lei tot toksisitiet.

5) Newe-effekte wat onstaan:

Edeem

Kardiale effekte ontstaan

Renale newe-effekte kan tot vore kom en nefrogeniese diabetes kan ontstaan

Die middel kan tremore veroorsaak.

6) Dit is onveilig om gebruik te word tydens swangerskap omdat dit vir die ma sowel as die fetus probleme kan inhou, dit word ook uitgeskei in bors melk dus kan dit nie gebruik word wanneer vroue nog lakteer nie.

7) Skitsoaffektiewe verteurings, bipolêre versteuring en terugkeerende depressie.

8) Die twee middels wat voorgeskryf is moet gemonitor word sodat mens kan verseker dat daar nie toksisiteit voorkom nie omdat Indocid ‘n NSAID is en daarom as dt saam Lituim gebruik word soos in die geval kan dit veroorsaak dat die ituim vlakke styg en dus toksies is in die liggaam dit kan moontlik die verduideliking wees hoekom sy moegheid en gewigstoename ervaar. Sy moet dus die middel staak en kyk om ander middels te gebruik wat nie op mekaar inwerk nie.