1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is 'n dopamien agonis, deurdat dit die vrystelling van dopamien by die senuwee store verhoog. Amantadien is 'n NMDA antagonis wat dus daartoe lei dat Glutamaat en Acetielcholien se vrystelling verlaag word en Dopamien se vrystelling dus gepotensieer word.
3. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op 'n indirekte wyse verhoog.
COMT-remmers (Entakapoon);
Selektiewe MAO-B remmers;
Amantadien;
4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter is nie?
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie ergot derivate: Pramipeksool, Ropinirool
5. Maak 'n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Broomkriptien: DA 2
Ropinirool: DA 2
Pramipeksool: DA 3
6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Rasagilien en Selegilien, die middels voorkom die vernietiging van dopamien neurone.
7. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Die middels stimuleer aanhoudend Dopamien neurone. Hulle is dus ook neurobeskermend.
8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Die KOMT-remmers blok KOMT en verhoog dus so dopamien. KOMT kompeteer vir transport met L-Dopa. Dus as KOMT geblok word is daar meer transport vir L-Dopa en dus meer Dopamien word vrygestek.
9. Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien antagoneer Adenosien A2, en Adenosien inhibeer dopamien 2 se funksie.
10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied.
Dit verhoog die aktiwiteit van dopamien deur omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibisie van dopamien heropname, asook verlaag dit glutamaat vrystelling.