CALISTA VAN DER HEEVER

Default profile image
----------

Blog 11;

5 Jul 2021, 23:07 Publicly Viewable

1. Noem 'n voorbeeld van elk van die fenotiasien-subfamillies en se hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

  1.  Alifatiese sykettings- Lae potensie en min EPS , erge sedasie en massatoename vind plaas. Sterk anticholinergiese effekte en alphalitiese effekte soos posturale hipotensie en kardiotoksisiteit. (bv.Chloorpromasien)
  2. Piperidien sykettings- Lae potensie en min EPS , erge sedasie en massatoename vind plaas. Sterk anticholinergiese effekte en alphalitiese effekte soos posturale hipotensie en kardiotoksisiteit. (bv. Perisiasien)
  3. Piperasien verbindings- Hoë potensieen meer EPS. Swakker anticholinergiese newe effekte en dus ook swakker alphalitiese effekte, minder sedasie en minder kardiotoksisiteit.

2. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Die middels se blokasie is meestal gefokus op die mesolimbiese Dopamien 2 reseptore.

3. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van tipiese middels?

Die tipiese middels blokkeer die mesolimbiese dopamien 2 reseptore waar die atipiese middels 'n hoer afiniteit het vir serotonien reseptore en blokkeer dus die 5-HT2a reseptore en werk ook as inverse agonis op die 5-HT2a en 5-HT2c meer as op die dopamien 2 reseptore.

4. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Serotonien reseptore wat geblokkeer word lei daartoe dat daar minder EPS voorkom as wanneer Dopamien 2 reseptore geblokkeer word.

5. Watter van die ouer middels het 'n hoe insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede? 

Haloperidol het die hoogste insidensie vir EPS omdat die middel 'n potente D2 blokker is en 'n hoër affiniteit het vir DA2 as vir 5-HT2 reseptore

6. A.g.v watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels 'n hoë insidensie van outonome newe effekte?

'n Hoë insidensie van outonome newe effekte kom voor by die blokkade van M, , H-1 en 5-HT2