DANICA BAKKER

Default profile image
----------

Danica Bakker 25962574

11 Aug 2021, 13:46 Publicly Viewable

Goeie dag.

My naam is Danica Bakker. Ek is 24 jaar oud en het 'n groot passie vir die lewe. Beide my ouers is onderwysers en ek het van 'n jong ouderdom af gesien hoe my ouers hulle passie uitleef. Natuurlik het dit my oorreed om onderwys te studeer.

Ek werk by 'n skool as onderwysstudent en geniet dit vreeslik baie. Ek het 'n groot passie vir kinders en wil graag 'n verskil in alle leerders se lewe maak. Ek het besef dat onderwys baie werk is en dat mens al jou energie gebruik. Ek geniet dit om die glimlagte van kinders elke dag te sien.

Een van my stokperdjies is om te bak en brou. Ek sal graag 'n bak en brou aktiwiteit by my skool wil begin. Ek is sportief en geniet dit om sport af te rig. Ek oefen dan sommer saam met die leerders ook. Hulle geniet dit as ek saam met hulle aktiwiteite uitvoer. Ek sien baie uit vir hierdie vak en het ook 'n passie vir musiek. Musiek kan baie keer 'n leerder se uitkoms wees om hom of haarself uit te druk.