SALOMÉ WALTERS

Default profile image
----------

#Blog 2.2

22 Oct 2021, 16:55 Publicly Viewable

#Blog 2.2

  • In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Angiotensinogeenvlakke word verhoog met estrogene, kortikosteroiede, tiroied hormone asook ANG 2. Vlakke word ook verhoog tydens swangerskap en in vrouens wat estrogeen-bevattende orale voorbehoedmiddels gebruik. Die gevolg is ‘n toename in bloeddruk (hipertensie) asook angiotensien 2 sintese.

  • Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?Geneesmiddels wat AOE blok, inhibeer ook bradikinien afbraak na ‘n onaktiewe metaboliet. Verhoogde bradikienvlakke veroorsaak brongokonstriksie as gevolg van die bradikinien 2 reseptor wat newe-effekte soos ‘n droë hoes veroorsaak. Angiotensien inhibeerders sal nie die afbraak van bradikinien inhibeer nie. Dus is daar geen newe-effekte.
  • Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

Dit blok die omskakeling van angiotensien 1 na angiotensien 2. Angiotensien 2 tipe 1 reseptors word ook geblok wat lei tot vasodilatasie wat dus die bloeddruk verlaag asook die perifere weerstand. Minder sout en water retensie word veroorsaak as gevolg van ‘n verlaging in aldosteroon sekresie en meer sout en water word dus uitgeskei. Dit verlaag dus die bloeddruk. AOE-remmers inhibeer bradikinien afbraak. Dit verhoog dus prostaglandien sintese wat bloeddruk verlaag en vasodilatasie vermeerder, terwyl die perifere weerstand ook verminder word.

  • Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Dit werk op Angiotensien 2 tipe 1 reseptors. Losartan is ‘n selektiewe angiotensien 2 reseptor antagonis wat die AT1 reseptors blok. Dit het nie enige effekte op ander angiotensien II-reseptore nie.

  • Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Kiniene produseer gemerkde ateriele dilatasie in die hart, skeletspier, nier, lewer en derm. Ja, ander outokaiede speel ‘n rol hierin soos natriuretiese peptiede, neurokinien A, neurokinien B, substans P en vasoaktiewe intestinale peptiede omdat kiniene nie die enigste lokale hormone met ‘n dilaterende effek is nie, soos histamien wat deur beseerde weefsel vrygestel word en dus die omliggende bloedvate laat dilateer.

  • Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

Kinien reseptor B2 (Bradikinien 2 reseptor)

  • Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Natriuretiese peptiede reguleer die hele liggaam se metabolisme. Dit verlaag die effek van angiotensien en aldosteroon en verlaag dus die edeem wat gekoppel word aan hartversaking. Hulle veroorsaak vasodilatasie en natriurese wat voordelig is in die behandeling van hartversaking. Die hoof funksie van natriuretiese peptiede is dat dit die arteriele druk verlaag deur die bloedvolume te verminder en ook die omliggende bloedvate te dilateer.

  • Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is ‘n ensiem wat ‘n rol speel in die degradering van natriuretiese peptiede asook ander vasoaktiewe peptiede. Neprilisien inhibeerders blok die werking van neprilisien en natriuretiese peptied degradasie word verhoed. Dit verminder dus die mortaliteit in sistoliese hart versaking. ‘n Voorbeeld hiervan is Valsartan.

  • Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

​​​​​​​Vasodilator: Prostasiklien + stikstofoksied

​​​​​​​Vasokonstriktor: Endothelin