Potensiaalafhanklike ioonkanale word gestimuleer deur die verandering in die selmembraan se membraan potensiaal waar ligandafhanklike ioonkanale gestimuleer word as 'n ligande soos 'n neurotransmitter aan die ioonkanaal bind.
Potensiaalafhanklike ioon kanale is ioon spesifiek en ligandafhanklike ioonkanale is nie spesifiek nie.
Voorbeelde van potensiaalafhanklike ioonkanale is natrium-, kalium- en kalsiumkanale teenoor die ligandbemiddelde se asetielcholien, nikotiniese, GABA, glutamaat en glisien reseptore.
Metabotropiese effekte hou langer in kontras met ionotropiese effekte wat baie vinnig is.
Metabotropiese binding gee aanleiding tot vorming van tweede boodskappers en ionotropiese binding vorm nie tweede boodskappers nie.
Ionotropiese reseptore:
GABAA
Nikotinies
EAA (glutamaat)
5-HT (serotonien)
Metabotropiese reseptore: vorming van tweede boodskappers.
Adenielsiklase stelsel ( ATP>c-AMP>AMP)
Reseptore wat AMP verhoog: β1&2 en D1
Reseptore wat AMP verlaag: D1; α2; 5-HT1A&B; M2; GABAB.
2. Fosfolipase C-stelsel (PIP2>IP3>DAG)
α1; 5-HT2; M1; H1.
ESPS- eksosatoriese postsinaptiese potensiaal. Veroorsaak depolarisasie in die postsinaptiese neuron.
IPSP- inhiberende postsinaptiese potensiaal. Veroorsaak hiperpolarisasie in diepost sinaptiese neuron.
Kalsium veroorsaak dat die vesikels in die sinaps sy inhoud wat neurotransmitters is, vrystel in die sinaptiese spleet.