CHRISTINE STEYN

Default profile image
----------

Blog #9

21 Mar 2021, 14:48 Publicly Viewable
  1.  Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemielineerde vesels met ongemielineerde vesels?

Kleiner en gemielineerde veseks word makliker geblok as groter en ongemielineerde vesels.

  1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei?

Geaktiveerde pynvesels word vinniger gevuur en pynsensasie word selektief geblok deur LA, terwyl vesels in die middel van die dik senuweebondel word stadiger geblok as die aan die buitekant van die bondel.

  1. Lys van effekte van LA op ander weefsel

KVS:  LA blok natrium-kanale in die hart met die doel om die aksie potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.  Dit sluit in klas-1 anti-aritmiese middels in.

Skeletspier:  Geen kliniese toepassing nie, omdat dit ‘n swak blokkerende effek uitoefen

Kokaien:  Verhoog gemoedstoestand en inhibeer noradrenalien heropname, vasokonstriksie

  1. Waarop berus die keuse van LA?

Die keuse berus op die tipe prosedure wat gedoen word, die tipe weefsel waarop die prosedure op uitgevoer word e nook hoe lank die prosedure gaan wees.

  1. Waarom word oplossings soms met CO2 versadig?

CO2 potensieer die werking van LA deur die:

  1. Direkte onderdukkende effekt van CO2 op die akson
  2. Konsentreer LA binne in die senuweebondel
  3. Omskakeling van LA na aktiewe katioon

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaien

Kokaien

Oksibuprokaien