Etanol se vinnige absorbsie in die liggaam word toegeskryf aan sy lipofilisiteit. Indien die persoon in ’n vastende toestand is, kan die piekvlak binne 30min vanaf inname bereik word. Etanol ondergaan zero-orde kinetika, omdat daar ’n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem NAD beskikbaar is en omdat alkohol teen ’n konstante tempo in die liggaam gemetaboliseer word, ongeag die hoeveelhied ingeneem. Teen normale inname word die alkohol gemetaboliseer teen 7-10g/uur.
Ensiemsisteme:
Alkoholdehidrogenase:
Alkoholdehidrogenase is die primêre sisteem verantwoordelik vir die metabolisme van alkohol. Hierdie sisteem tree eerste in met die inname van alkohol, teen ’n lae tot matige hoeveelhied. Daar vind zero-orde kinetika plaas as gevolg van die beperking op die hoeveelheid ko-ensieme (NAD). Die tempo van afbraak (7-10 g/h) is konstant, ogeag die hoeveelheid alkohol inname.
MEOS (Gemengde funksie oksidasie sisteem)
Hierdie sisteem tree in werking wanneer daar >100mg / dL alhokol inname plaasvind. Tydens hierdie sisteem word kan meer alkohol gemetaboliseer word, maar daar kan wel ’n toleransie ontwikkel met chroniese gebruik. Die MEOS aktiwiteit verhoog ook met chroniese gebruik en kan dus geīnduseer word. Tydens hierdie proses word asetaldehied omgeskakel na asetaat deur middel van aldehied dehidrogenase. Asetaat word dan deur die liggaam uitgeskei as koolstofdioksies en water. Met hoë inname van alkohol kan hierdie metabolisme ’n opeenhoping van asetaldehied kry, wat dan lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.
Hierdie middels onderdruk / rem die werking van die ensiem aldehied dehidrogenase - die omskakeling van asetaldehied na asetaat- wat lei na opeenhoping van asetaldehied wat lei na hartkloppings, naarheid, hoofpyn, blosing en duisligheid.