Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die MEOS sisteem tree in werking met hoë alkohol inname. Chroniese gebruik van alkohol verhoog die sisteem se aktiwiteit, maak dat die sisteem geīnduseer kan word en is verantwoordelik vir ’n toleransie wat kan ontwikkel.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Chroniese alkoholgebruik kan lei na progressiewe verlaging in die lewerfunksie, hepatitis en sirrose (verharde lewerselle). Die skade wat opgedoen word is erger vir vrouens as vir mans, omdat hulle ’n kleiner volume van distrubusie het, en daar dus ’n hoër alkohol konsentrasie in hulle bloed is. Verlaging in glukoneogenese vind ook plaas wat aanleiding gee na hipoglikemie en vetakkumulasie asook nutriëntgebrekke word ook hier bygedra. Die verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme vind ook plaas wat bydra tot interaksies met ander geneesmiddles.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Met die chroniese gebruik van alkohol word perifere neuropatie veroorsaak in die SSS. Dit gee aanleiding tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome wat met hierdie sindroom voorkom is ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Om hierdie sindroom te behandel word parenterale tiamien gegee om permanente breinskade te voorkom, al is die sindroom nie altyd omkeerbaar nie.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fetale alkoholsindroom vind plaas by vrouens tydens swangerskap met die chroniese gebruik van alkohol. Indien alkohol gebruik word tydens swangerskap sal daar teratogeniese effekte plaasvind as gevolg van die alkohol in die ma se bloedstroom wat deur die naelstring meng met die baba s’n. Die fetus se organe is tydens ontwikkeling nie in staat om alkohol te verwerk nie, en sal dus aanpassings maak en ander liggaamsontwikkeling onderbreek om ’n poging an te wend om die alkohol te verwerk. Die effekte van hierdie ontwikkelingsonderbreking word waargeneem in babas wat dan verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea sal ontwikkel. Die risiko van hierdie sindroom is grootste tydens die eerste trimester van swangerskap.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik: Dit veroorsaak ’n onderdrukking in die metabolisme van ander geneesmiddels en veroorsaak verlaagde afbraak van hierdie middels. Bv. Fenotiasiene, TAD’e en sedatief-hipnotika.
Chroniese alkoholgebruik: Dit verhoog die metabolisme van ander geneesmiddels, bv. Parasetamol.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.