Ek is 'n 21 jarige Valentyn's baba wat hou van oorsee toer, kos maak, sing, klavier speel, dans, sport, mode (klere), ou movies, letterkunde en ek het 'n groot passie vir my beroep. My grootste droom is om my eie apteek of farmaseutiese maatskappy oop te maak in Los Angeles of Hampstead (Londen). Ek is ook mal oor diere, buite lug, rond ry, uiteet en nuwe dinge te probeer. Ek is 'n groot ekstrovert en kan baie maklik met mense praat en nuwe vriende maak. Ek het baie goeie algemene kennis en hou daarvan om van alles te weet.
Wat beteken anterograde amnesia en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesia: Om nie die vermoë te hê om gebeurtenisse te kan onthou nie.
Middels wat hierdie effek kan ontlok is: Bensodiasepiene bv. Diasepam, Lorasepam en Midasolam
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels o pdie normale slaappatroon en verduidelik wat’s die belang daarvan vir die pasiënt
Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd (lg. slegs in pasiënte wat gewoonlik minder as 6 ure ‘n nag slaap).
Verhoog duur van fase 2 NREM
Bensdiasepiene het ‘n klein verminderende effek op REM slaap
Hoë dosisse verminder REM slaap
Bensodiasepiene verminder die duur van fase 4 NREM
Toleransie t.o.v. effekte op slaappatrone na 1-2 weke se gebruik van hipnotika
Geleidelike onttrekking word aanbeveel sodat newe-effekte soos nagmerries en terugslag insomnia vermy kan word.
Kortwerkende BD’e: Vir pasiënte wat sukkel om aan die slaap te raak
-Midasolam of Triasolam
Intermediêre BD’e: vir pasiënte wat vroegoggend wakker lê.
Langwerkende BD’e: Beheer van angs.
Nie gebruik by:
-slaapapnee, geskiedenis van middelmisbruik of swangerskap
BD’e verskaf simptomatiese verligting, maar nie genesing nie.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestie gebruik? Verduidelik hoekom.
Barbiturate soos Natriumtiopentoon en tiopentoon en Bensodiasepiene soos Diasepam, Lorasepam en Midasolam. Hulle veroorsaak Anterograde anestesie, wat pasiënte laat gebeurteniss vergeet, wat voordelig is in operasies want ‘n pasiënt kan wakker raak tydens ‘n prosedure end it kan baie traumaties wees, omdat die pyn skok kan veroorsaak en so aan.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
-Fenobarbitoon gepaard met ‘n bensodiasepien, tiopentoon, Nitrasepam, Klobasam, Klonasepam.
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Inhibering van polisonaptiese reflekse
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Toksiese effekte: Medulêre depressie en dood ( Terapeutiese dosis betekenisvolle onderdrukking in pulmonêre siekte en kardiovaskulêre onderdrukking in KVS siekte. Lg. Effekte meer uitgesproke met IV-toediening).