1. Potensiaalafhanklike ioon kanaal
2. Ligandbemiddelde ioon kanaal
Potensiaalafhanklik |
Ligandafhanklik |
1. Metabotropiese transduksie stelsel |
1. Ionotropiese transduksie stelsel |
2. Binding van neurotransmitter aan reseptor gee aanleiding tot die vorming van tweede boodskappers, dus word die kanaal nie direk geopen nie. |
2. Binding van neurotransmitter open die kanaal direk. |
3. Effek duur langer. |
3. Korter proses. |
Ionotropies:
-Ligand bemiddeld
-Reseptore betrokke is GABAa, Nikotinies, EAA, 5-HT3
-Beinvloed ioonkanaal direk deur interaksie van neurotransmitters en hul reseptore.
-Word gereguleer d.m.v die opening van ioon kanale deur die interaksie tussen neurotransmitters en hul reseptore.
-Verantwoordelik vir vinnige sinaptiese transmissie.
Metabotropies:
-Potensiaalafhanklik
-Bavat 7 transmembraan G-proteien gekoppelde reseptore.
-Beinvloed ioon kanaal indirek deur die oordrag van seine deur 2de boodskappers nl: G-proteien-gekoppelde-reseptore.
-Word gereguleer d.m.v ‘n verandering in membraan potensiaal.
-Effek duur langer as met ionotropiese reseptor-aktivering.
Ionotropies:
GABA-A, Nikotinies, EAA, 5-HT3
Metabotropies:
Adenielsiklase- B 1+2, D1, D2, a2, 5-HT1 A+B, M2, GABAb
Fosfolipase C-stelsel- a1, 5-HT2, M1, H1
EPSP- Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel, vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese postsinaptiese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is dus ‘n toename in ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.
Bv. ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasiënt se SSS werking te stimuleer terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk.
IPSP- Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat GABA-aminobottersuur aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post-sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik dus die SSS gaan onderdruk.
Bv. Gebruik by die behandeling van iemand met epilepsie, met verhoogde SSS funksionering om soedoende die SSS te onderdruk om die epilepsie aanval stop te sit. (‘n GABA antagonis sal gebruik word om die SSS werking van die pasient te stimuleer.)
Kalsium stimuleer die sinaptiese vesikel eksitose en stel sodoende die neurotransmitters vry in die sinaptiese spleet en veroorsaak sodoende dat ‘n sinaptiese potensiaal ontwikkel.