Vetoplosbaarheid/Lipofiliteit: Hoe meer lipied oplosbaar ‘n geneesmiddel is, hoe vinniger is die verspreiding. Maw die absorbsie is ook beter en ‘n aanvang van werking sal vining verkry word in die brein waar dit die effekte moet uitoefen.
Dit is klinies belangrik om die aanvangswerking van ‘n middel te bepaal om te weet wanneer die farmakologiese effek verwag kan word en om ‘n doseringskedule te kan uitwerk.
Dit is ook belangrik om te weet dat ‘n GM wat minder lipofilies is, gebruik kan word waar sitochroom P450 (verantwoordelik vir oksidasie) aktiwiteit vertraag is aangesien hierdie middels nie dealkilering en oksidasie ondergaan tydens metabolisme nie, maar dadelik gekonjugeer word. Hierdie GM’s kan dan by bejaardes, neonate, lewersirose en terapie met sitochroom P450 ensiem remmers gebruik word sodat metabolisme steeds voldoende kan plaasvind.
Herdistribusie is wanneer geneesmiddels versprei na een deel van die liggaam maar ook dan weer van daardie deel na ander weefsel en so uit die liggaam beweeg. Dit is noodsaaklik sodat ‘n terapeutiese effek kan plaasvind.
Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede.
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam word omgeskakel na aktiewe metaboliete.
Die aktiewe metaboliete verleng die werkingsduur van die Bensodiasepiene.
Wees versigtig by bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers, omdat die Bensodiasepiene nie voldoende sal metaboliseer nie.
Geneesmiddels soos Oksepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie. Die middels word dadelik gekonjugeer tydens metabolisme en word NIE gedealkileer of geoksideer nie.
Die voordeel is dat die middels ideaal is in pasiënte waar die sitochroom P450 aktiwiteit laag is omdat daar steeds voldoende metabolisme kan plaasvind. Daar vorm ook geen aktiewe metaboliete nie.
Ensieminduksie is die verhoging in ensiem aktiwiteit as gevolg van meer sitochroom P450 ensieme teenwoordig.
Dit kan dus die metabolisme en uitskeiding van geneesmiddels verhoog wat sal lei tot ‘n verlaagde farmakologiese effek.
Bv. Barbiturate soos Fenobartitoon