RHODÉ MULDER

Default profile image
----------

Blog #10

9 Apr 2021, 17:31 Publicly Viewable
  1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Anti-cholinergiese en dopamienagoniste

  1. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is ‘n metaffinoïede potensieerder van dopamien wat die vrystelling en sintese van dopamien verhoog. Dit blok ook die heropname van dopamine en is ‘n NMDA antagonis wat antidiskinetiese effekte het. Amantadien is ook ‘n adenosien A2 antagonis en adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie wat D2 antagonis reseptorfunksie verbeter. Tree ook antiviral en anticholonergies op.

  1. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Selektiewe MAO-B remmers- Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.

Safinamied- Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien

Istradefillien- Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.

  1. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate: Broomkriptien

Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole 

  1. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole,

Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole, rotigotine

  1. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Rasagilien – neuronbeskermende effek wat geheue en leer bevorder.  

  1. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopamien metabolisme word onderdruk (rem) en verhoog dus dan vlakke van dopamien in die SSS.

  1. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Dit metaboliseer levodopa na 3-Ometieldopa (3OMD) en dit verleng die werkingsduur van levodopa en verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid. COMT metaboliseer dopamien, en deur dit te blok, verbeter ons parkinsonisme.

  1. Hoe werk Istradefilien?

Dit is ‘n adenosien A2A antagonis

Adenosien inhibeer D2 se funksie en daarom sal D2 se funksie bevorder omdat adenosien geblok word en D2 word nie geinhibeer nie.

  1. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer Dopamien heropname en verhoog daarom dopamien aktiwiteit/funksie.

Safinamied verlaag glutamaat vrystelling.