Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Sy kan heel moontlik toksiese effekte opgedoen het vir Litium, alhoewel haar plasmavlakke 0.8mmol/L is wat in die terapeutiese indeks is kan die non-steroïede anti-inflammatoriese middel, Indocid (Indomethacin) toksisiteit veroorsaak het, sowel as die Diuretikum wat sy gebruik (waterpille), aangesien dit renale opruiming van die Litium verminder. Die newe-effekte wat op toksisiteit aandui is dus massatoename, moegheid en dehidrasie. Dus sal ek eerder aanraai dat sy moet ophou die Diuretikum, sowel as Indocid ophou drink, en iets anders moet eerder voorgeskryf word of die dosis van Litium moet verminder word.