LIA WISSING

Default profile image
----------

Blog #11

29 Apr 2021, 19:45 Publicly Viewable

Blog #11

1.Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

    1. Alifaties syketting: lae potensie met NE van sedasie, anti cholinergies effekte, alfa lities effekte en kardiotoksiese effekte
    2. Piperidien -: selfde as alifatiese ketting
    3. Piperasien -:hoe potensie, meer ekstrapiramidale effekte, swakker alfa lities en anti-cholinergies effek, minder sedasie en KVS NE.

2.Watter reseptore word veral deur die tipiese atipsigotiese middels blokkeer?

D2-reseptore >5 HT asook H1 en cholinergiese reseptore en alpha-1 reseptore tot n mindere mate.

3.Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Atipies vermoe om 5HT2A > mesolimbiese D2-reseptore te blokkeer soos tradisionele middels.

Minder EPS newe effekte en minder D2 blokkade is minder tardiewe diskinesie en hormonale effekte.

4.Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Tipiese middels blokkeer Dopamien (D2) reseptore wat EPS tot gevolg het.

5.Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Fenotiasiene, spesifiek pipirasien derivate omrede hulle hoe potensie het sal meer EPS waargeneem word.

6. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Die alpha – 1 reseptorblokkade, omdat dit alpha reseptore blokkeer. Hierdie newe – effekte sluit onder andere in: posturale hipotensie, ejakulasie impotensie deur CPZ, Droperidol en Chloorpromasien