LIA WISSING

Default profile image
----------

Blog #13

29 Apr 2021, 20:15 Publicly Viewable

Blog #13

1.Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beinvloed cAMP, IP3, DAG en 2e boodskappersisteme (fosfolipase en adenielsiklase sisteem), Iaasgenoem deur verlaging/onderdrukking van verskeie ensieme belangrik in omskakeling en harsirkulasie van die membraanfosfoinositiede.

Monoamien en cholinergiese neurotransmissie proses word beinvloed.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5mM is n baie klein terapeutiese indeks en dit beteken dat toksiteit(2mM) vining kan voorkom wanneer hierdie vlakke nie behou word nie. Moniteering word voorgestel.

2.Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as enkelmiddel gebruik vir anti-maniese en anti – depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases van Bipolere versteuringe

Valproaat word in kombinasie met Litium gebruik vir akute maniese fase, wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie.Gee n gemoedstabiliseerende effek.

3.Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Dehidrasie of diuretika soos fluksitien of tiasiede wat litium vlakke verhoog en toksiteit veroorsaak (asook NSAIMS en ACE inhibeerders)

Teensuur middels soos natrium bikarbomaat verhoog renale uitskeiding van Litium en sal dus die effektiwiteit daarvan beinvloed.

Karbamasepien, Kalsium kanaal blokkers, Losartan, Metieldopa, Metronidasool en Fenitoien sal neurotoksiteit verhoog.

4.Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

tremore, Sedasie, Ataksie, Afasie, , Spierswakheid, Moegheid, Polidipsie, Poliurie, , Nokturie, Nefrogene diabetes insipidus, Tiroïed vergroting, Leukositoses, Edeem, Massatoename, Aknee, Alopesie, Seksuele disfunksie

5.Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium toksiteit kan by ongebore baba ontwikkel en sal lei tot onderontwikkelde/ invloed van hart onwikkeling

6.Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Anti depressant, skitsofrenie en gemoedstabiliseering

7.Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Aanbeveling: Om op te hou met die diuretikums aangesien dit ‘n interaksie met die Litium het. Dit kan lei tot ‘n verhoogde bloed plasma vlak van Litium wat moontlik kan lei tot toksisiteit. Gewigstoename is n newe – effekt van Litium. Die (NSAIM’s) medikasie soos Indocid, het ook ‘n interaksie met die Litium. Dit verhoog Litium bloed plasma vlakke en kan lei tot toksisiteit. Die diuretikums vertraag litium uitskeiding en verhoog water uitskeiding, so haar moegheid, naarheid, bewerigheid en droeë mond simptome kan dus daaraan toegeskryf word (dehidrasie) en toename in Litium ophooping.