LARA DE VILLIERS

Default profile image
----------

Blog #13

7 May 2021, 11:42 Publicly Viewable

Blog #13

Leereenheid 9.5: Werkingsmeganisme en Kliniese gebruik van litium.

 Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van litium.

Litium beïnvloed 2de boodskappersisteme, nl. cAMP, IP3 en DAG in die adenielsiklase sisteem sowel in die fosfolipase sisteem. Dit onderduk ensieme wat verantwoordelik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinisitiede. IP3 eb DAG is belangrike 2de boodskappers in monoamine en cholinerge neurotransmissie en hierdie prosesse word dus ook beinvloed.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5 – 1.5 mM. Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks en toksisiteit kan vinnig bereik indien dit in die bloed ophoop a.g.v. plasmavlakke wat nie korrek gemoniteer en beheer word nie.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as monoterapie gebruik vir bipolêre versteuring. Gebruik in kombinasie met Valproaat vir akute maniese fase indien pasiënt nie reageer op net litium nie.

Litium word ook in kombinasie saam met ‘n Atipiese middel gebruik by akute manie episodes.

Bensodiasepiene (Klonasepam/Lorasepam) word saam met litium gebruik vir ‘n anti-depressiewe effek.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  • Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM’s, ACE inhibeerders en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksisiteitt
  • Teensuurmiddels (bv Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Li+ en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Li+
  • Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS in kombinasie met Li+

Noem die belangrikste newe effekte van litium.

  • Tremore, sedasie, ataksie, afasie
  • Spierswakheid, moegheid
  • Polidipsie (pasiënt baie dors), poliurie, nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus
  • Tiroïedvergroting
  • Leukositoses (verhoogde WBS telling)
  • Edeem
  • Massatoename met chroniese gebruik
  • Aknee en alopesie
  • Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Die gebruik daarvan is teenaangedui by lakterende vrouens en die gebruik daarvan moet 24-48 uur voor geboorte weerhou word. Litium kom voor in borsmelk, m.a.w. word uitgeskei in borsmelk in relatief hoë konsentrasies en dus word laktasie nie aanbeveel nie. Gedurende swangerskap word vermoed dat die gebruik van litium die voorkoms van aangebore kardiogene afwykings verhoog. Die risiko vir die ontwikkeling van teratogene effekte is laag, maar kan bydra tot lae Apgar-tellings by pasgeborenes en is sowel toksies wees vir die baba.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  1. Anti-depressant
  2. Skisofrenie
  3. Gemoedstabiliseerders

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Ek sal aanbeveel dat sy die neem van die watterpille staak, omdat dit ‘n interaksie met die litium toon (die waterpille verhoog ook urien uitskeiding wat dehidrasie kan veroorsaak). Die gebruik van die NSAIM (Indocid) het ook ‘n interaksie met die litium. Hierdie interaksies veroorsaak dat litium vlakke verhoog en toksisiteit voorkom (daarom die newe effekte soos gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid).