Blog #11
Leereenheid 9.2: Klassifikasie en werkingsmeganismes van antipsigotiese middels
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil i.t.v. potensie en newe effekte.
Bv. Chloorpromasien.
-Lae potensie en het dus min ekstraperimidale steurnisse omdat dit nie so hoe affiniteit vir D2 reseptore het nie en bind dus nie sterk aan die reseptore nie.
-Het newe effekte soos erge sedasie, sterk anticholinergiese effekte, sterk α-litiese effekte bv. posturale hipotensie en dit kan kardiotoksies wees weens die muskariene blockade in die hart wat tagikardie gee.
Bv. Perisiasien
-Dieselfde as alifatiese syketting
Bv. Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, perchloorperasien
- Hoë potensie en het dus meer ekstraperimidale steurnisse omdat dit ‘n hoë affiniteit het en sterk bind aan D2 reseptore
- Het swakker anticholinergiese newe effekte, swakker α-litiese effekte, minder sedasie en minder kardiovaskulêre newe effekte
Watter reseptore word veral deur die tipiese (tradisionele) antipsigotiese middels blokkeer?
Die mesolimbiese D2 reseptore.
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels is multipotent antagoniste (inverse agoniste) en blokkeer wel ook D2 soos die tipiese middels, maar het ‘n hoёr affiniteit vir 5-HT 2A reseptor blokkade as teenoor die D2 reseptore.
Die tradisionele (tipiese) middels is multipotent kompeterende antagoniste en blokkeer DA2 reseptore eerder as 5-HT 2A reseptore.
Watter reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstraperimidale newe effekte?
Die D2 reseptore.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Die piperasienderivate (Fenotiasiene: Flufenasien, Perfenasien, Trifluoperasien, Prochloorperasien) , omdat hierdie middels ‘n hoë potensie het. Dit bind dus sterk aan die D2 reseptore en het meer EPS tot gevolg.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Alfa-1 blokkade wat dan sterk alfalitiese effekte soos posturale hipotensie veroorsaak.