Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Beïnvloed adenielsiklase en fosfolipase ensiemsisteme (cAMP, IP3, DAG)
Verlaag ensieme belangrik vir omskakeling en hersirkulering van membraanfosfinositiede.
IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie en word ook beïnvloed.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5-1.5nM
Dit is ‘n klein terapeutiese indeks en plasmavlakke moet dus goed gemonitor word om toksisiteit te voorkom. (>2nM is toksies)
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Enkel middel: Bipolêre versteuring, akute maniese episodes
Kombinasie: Antidepressante en Litium, vir simptoombehandeling wanneer antidepressante nog moet begin werk. Litium en Valproaat, as pasiënt nie reageer op Litium alleen.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Akute toksisiteit: SVK simptome – naarheid, braking, diarree.
Neurotoksiese effekte: tremore, sedasie, ataksie, afasie, nefrogene diabetes insipidus, leukositose, edeem, massa toename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie, polidipsie, poliurie, nokturie.
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Die moet versigtig gebruik word by swangerskap, veral tydens die eerste trimester.
Kontraindikeerd by borsvoeding, omdat litium in borsmelk teenwoordig is en toksisiteit in die kind kan veroorsaak.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Depressie, skisofrenie, bipolêre versteuring.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit (LiCo3) 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid(NSAIM) R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Me. Polar drink ‘n NSAIM (Indocid) saam Litium. Dit lei tot verhoogde litium vlakke en toksisiteit/newe effekte (massatoename, ataksie, moegheid, polidipsie, naarheid).
Ek sal voorstel dat die NSAIM vervang word met ‘n ander analgetiese middel, wat nie litium se plasma vlakke sal verhoog nie. Indien daar nie ‘n plaasvervanger is nie, moet Litium se dosis verlaag word om toksisiteit te verminder.
Sy is immers baie jonk. Ek sou voorstel dat sy alternatiewe behandeling gebruik as litium bv. Lamatrogien, Valproaat ens.