JANA LOMBARD

Default profile image
----------

Blog #9

10 May 2021, 21:15 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

1.) Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

  • Kleiner gemielineerde vesels word makliker geblok as groter en ongemielineerde vesels.

2.) Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

  • Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, pynsensasie selektief geblok deur lokale anestetika.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels (Lidokaien is klas 1 middel wat Natrium kanale blokkeer in die hart met die doel om die Aksie Potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.)
  • Skeletspiere: Swak blokkerende effek - Geen kliniese toepassing
  • Kokaine: ↑ gemoedstoestand, beinvloed sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname).

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Tipe prosedure wat gedoen gaan word (kliniese gebruik) en die werkingsduur van middel wat benodig word.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

  • CO2 tree op as buffer. Dit potensieer die effek van LA. Daar is ‘n direkte onderdrukkende effek van COop die akson. Dit konsentreer die LA dan op die senuwee “trunk.” Dit sal aanvangswerking versnel.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Kokaïen, Oksibuprokaїen, Lidokaïen en Bensokaïen.