JANA LOMBARD

Default profile image
----------

Blog #10

10 May 2021, 21:32 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

  • Dopamienagoniste en Anti-cholinergiese middels.

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

  • Metaffinoïede potensieerder van dopamine

-Verhoog die vrystelling van dopamine

-Verhoog die sintese van dopamine

-Blok die heropname van dopamine.

  • NMDA Antagonis

-Antidiskinetiese effekte

  • Adenosien A2 antagonis

-Adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie. Dus verbeter die antagonis D2 reseptorfunksie.

  • Antiviraal 

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  • MAO-B remmers; Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.
  • Safinamied: Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
  • Istradefillien: Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

  • Ergotderivate: Broomkriptien
  • Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole  

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • AGONISTE:

-Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole

-Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

  • Pramipexole: Neurobeskermend – agv sy vermoe om op die uitkyk te wees vir waterstof peroksied en verhoog neurotropiese aktwiteit in mesencephalic dopaminergiese sel culture.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

  • Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

  • COMT metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD) Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)
  • COMT-remmer verleng dus werkingsduur van L-dopa te danke aan ‘n afname aan sy perifere metabolisme en verbeter so L-dopa se biobeskikbaarheid.

Hoe werk Istradefilien?

  • Istradefillien: Adenosien A2A antagonis

-Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus bevorder die antagonis D2-reseptor se funksie

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied:

  • Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
  • Dit verlaag ook glutamaat vrystelling.