JANA LOMBARD

Default profile image
----------

Blog #11

10 May 2021, 21:48 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

  • Alifatiese syketting: chloorpromasien (Largactil â)
  • Piperidien syketting: perisiasien (Neulactil â)
  • Piperasien syketting: flufenasien (Modecate â), perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien.

  • Alifatiese en piperidienverbindings:

-Lae potensie, min Ekstrapiramidale versteurings ( Lae potensie – Bind nie so sterk aan D2 R nie, vereis hoë dosisse)

-Erge sedasie en gewigstoename – H1 blokkade

-Sterk anticholinerge effekte – Muskariene R ( NE: Droe mond, urienretensie, konstipasie, visie versteurings en hallusinasies )

-Sterk a-litiese effekte (posturale hipotensie) · Kardiotoksies – muskariene R in die hart.

  • Piperasienderivate:

-hoë potensie, meer EPS,

-swakker anticholinergiese newe effekte

-swakker a-lities effekte,

-minder sedasie

minder kardiovaskulêre (KVS) newe effekte

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

  • Blok mesolimbiese D2 reseptore

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

  • Blok 5-HT2A-reseptore meer as D2 reseptore

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

  • Lae potensie vir Dopamien-2-reseptore

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

  • Risperidoon en paliperidoon. Het ‘n hoë affiniteit vir D2-reseptor. Dit antagoneer D2 wat lei tot ‘n afname in Dopamienfunksie wat ekstrapiramidale effekte veroorsaak.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

  • a-litiese effekte (blokkade van Alfa 1-reseptor) bv. posturale hipotensie as newe-effek.