Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
Trisikliese anti-depresante (TAD) |
Tersiere amiene: Amtriptillien, imioramien, trimipramine, chloorimipramien, dotiepien en butriptilien. Sekondere amiene: Nortriptilien, desimipramien, lofepramien. |
Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI's) | Isokarboksasied, fenelzien, selegiline, tranielsipromien, moklobemied. |
Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI) | Fluoksetien, paroksetien, fluvoksamien, sertalien, sitalopram, esitalopram. |
Serotonien en noradrenalien heropname remmers (SNRI) | Venlafaksien, duloxetien. |
Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI) | Reboksetien |
Tetrasikliese en unisikliese anti depresante | Mianserien, mirtasepien, amoksapien, maprotilien, bupropioon. |
Serotonien reseptor moduleerders | Trasodoon, vortioksetien |
Sirkadiese ritme reguleerders | Agomelatien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Die anti depresante inhibeer die heropname van verskeie neurotransmitters deur selektiewe reseptore. Dit verhoog sodoende die konsentrasies van spesifieke neurotransmitters.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Ongeveer twee weke. iDit proses van sintese van proteine en neurotrofiese faktore (BDNF) is lankk en neem tyd.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit, Newe-effekte,Veiligheid
Effektiwiteit | Newe-effekte | Veiligheid | |
TAD | Moet stadig op titreer word tot effektiewe dosis. |
Sedasie,tremore, insomnia,visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring,ortostatiese hipotensie, disritmie, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse |
Akute oordosis kan die lei tot:Koma, konvulsie en kardiotoksiteit. |
SSRI's | Kan dadelik vir pasient die volle dosis toedien. |
Akute angs, seksuele disfunksie, insomnia, tremore, SVK steurnisse, hoofpyn, verlaagde libido, EPS, ontrekkinssindroom. |
Veiliger as die TAD omdat dit minder ernstige newe effekte veroorsaak. |
Hoe werk mirtasepien?
n NaSSA. Blokkeer alfa 2 enbevorder dus noradrenalien en serotonien vrystelling. Blokkeer ook histamien 1 en alfa 1. Ook indirekte stimulasie van serotonien 1a. Blokkeer dopamien en noradrenalien heropname..
Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer beide serotonien en noradrenalien heropname, meer potent vir serotonien as noradrenalien.
Hoe werk agomelatien?
Herstel die liggaam se bioritmes. Primere agonis op melatonien 1 en 2 reseptore en 'n antago nis op serotonie 2c reseptore. Veroorsaak dusinhibisie van dopamien en noradrenalien vrystelling in FK.