Wat is pyn? Pyn is 'n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiele weefselskade.
Wat veroorsaak pyn? Daar is verskillende vorme en oorsake van pyn. Mens kry akute pyn wat onder andere somatiese (vel, been, gewrig, spier en bindweefsel) sowel as viserale (intestinale organe) pyne insluit. Dan kry mens ook chroniese pyn wat funksioneel (fibromialgie, IBS en spanningstipe hoofpyne) of neuropaties (senuweeskade, postherpatiese neuralgie, diabetiese neuropatie) van aard kan wees. Nosiseptore aan die senu-eindpunte ontvang 'n pynstimuli wat dan deur 'n spesifieke baan tot in die brein vervoer word waar die brein dan die impulse ontvang en besluit wat om daarmee te maak.
Hoekom ervaar mense pyn verskillend? Die baan wat die pyn stimulus en impulse volg is meestal dieselfde in elke persoon maar die sensitiwiteit van die pynreseptore in die brein verskil en elke persoon en daarom is elke persoon se persepsie van pyn verskillend.
Hoe behandel mens pyn? Ligte tot matige pyn kan behandel word met verskeie oor die toonbank medikasie terwyl ernstige pyn met hoër skedule medikasie behandel kan word, wat gewoonlik vereis dat die pasient verwys moet word na 'n dokter vir 'n voorskrif sodat die korrekte diagnose gemaak kan word.