JANA LOMBARD

Default profile image
----------

Blog #13

1 Jun 2021, 09:33 Publicly Viewable

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees:

Pyn

  • Pyn is ‘n onaangename sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade, wat uniek is vir elke persoon. Jy ervaar fisiese onplesierigheid wat met slegte emosies gepaard gaan.
  • Pyn word veroorsaak as die nociseptore gestimuleer word of ‘n neurotransmitter vrygestel word in reaksie op ‘n besering. Die impulse word met die stygende algetiese spinotalamiese baan (rugmurg) vervoer na die thalamus en korteks in die brein waar dit geintrepeteer word as die gevoel wat ons ken as “pyn”. Opoiedpeptiede word vrygestel en dit aktiveer dan die dalende analgetiese baan. Die vrystelling van serotonien, noradrenalien en enkefaliene (neurotransmitters) op spinale vlak het pynstillende effekte tot gevolg.
  • Pyn is ‘n subjektiewe ervaring en mense ervaar pyn verskillend op grond van hulle vorige ervarings met pyn en hulle pyndrempel. Pyn moet geintrepeteer word as wat die pasiënt sê dit is, ongeag die stimuli. DIt word beste gemeet deur die pasiënt te vra om dit op 'n skaal van 1-10 te beskryf. 
  • Pyn moet altyd met die “swakste” middel met laagste moontlike dosis eerste behandel word. Kroniese gebruik van opoiede of sommige ander voorskrif pynmedikasie by nie-terminale siektes kan verslawend wees.