LIANDI FERREIRA

Default profile image
LIANDI FERREIRA

Blog #13

2 Jun 2021, 09:18 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Die meganisme van werking van litium is kompleks. Die litium ioon beïvloed cAMP, DAG en IP3 tweede boodskappersisteme. Hierdie veroorsaak dan ‘n verlaging in talle ensieme wat ‘n baie belangrike rol speel in die hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is baie balngrik in die monoamien en cholinerge neurotransmissie.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium se terapeutiese indeks is 0.5-1.5mM. Dit is klinies belangrik omdat dit die tyd is wat die middel effektief optree, voordat dit toksies word. Hierdie spesifieke terapeutiese indeks is dus baie nou en dus is dit noodsaaklik om die plasmavlakke te monitor. Omdat net ‘n klein bietjie meer as 2mM toksies kan wees, moet monitering gereeld plaasvind.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as enkelmiddel gebruik indien die kombinasie van litium en tradisionele antipsigotikums ekstrapiramidale simptome vererger.

Litium word met antipsigotiese middels gekombineer tydens weerstandige skisofrenie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  • Teensuurmiddels, byvoorbeeld natriumbikarbonaat, en kaffeïne verhoog die renale uitskeding van litium. Die gevolg is dus dat die effektiwiteit afneem.
  • Kombinasies van litium en tradisionele antipsigotikums, (byvoorheeld Sulpiried wat ‘n voorbeeld is van ‘n besamied), kan ekstrapiramidale simptome veroorsaak.
  • Middels, byvoorbeeld fluoksetien verhoog die vlakke van litium, wat dus ‘n styging in die toksisiteit veroorsaak.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nefrogene diabetes insipidus, edeem, tiroïedvergroting, gewigstoename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium moet tydens swangerskap teen die laagste moontlike dosis toegedien word. Gevalle van “floppy” baba, hipotiroïedisme en nie-toksiese goiter kan voorkom. Litium word in die borsmelk afgeskei, dus moet geen borsvoeding plaasvind nie.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  • Bipolêre gemoedsversteuring (asook Pediatriese BPS)
  • Major depressie
  • Weerstandige skisofrenie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Newe-effekte van litium word ervaar omdat die NSAIM die opruiming daarvan verminder. Aanpassing aan die doserings kan gemaak word. Ek sal ook voorstel dat die Indocid met acetaminophen vervang word, omdat dit geen interaksies met litium toon nie en dus veilig is.