JANA MYBURG

Default profile image
----------

Pyn

2 Jun 2021, 21:31 Publicly Viewable

Pyn is 'n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. M.a.w. dis ‘n hoogs onaangename sensasie wat veroorsaak word deur siekte of besering.

Pyn kom gewoonlik voor a.g.v. ‘n siekte, besering of mediese prosedure. Akute pyn kan dus voorkom met beserings soos snye, brandwonde, spierspasmas of been frakture. Voedselvergiftiging en blindedermontsteking is ook voorbeelde van akute pyn. Hierdie pyn duur gewoonlik slegs vir ‘n kort tydperk. Chroniese pyn is pyn wat veroorsaak word deur verandering of skade aan die neurone in die liggaam. Dit is ‘n deurlopende pyn wat dikwels aanhou, selfs al word die siekte / besering behandel of dit kan voorkom sonder enige geskiedenis van besering / operasie. Dit duur vir ‘n hele tydperk.

Mense ervaar pyn verskillend (selfs al word dit deur dieselfde stimuli veroorsaak). Pyn word die beste gemeet deur dit wat die pasiënt sê dit is. Pyn se intensiteit kan beskryf word deur ‘n skaal waar 0 = geen pyn en 10 = meeste pyn dinkbaar. Pyn kan voorkom as skerp, dof, brandend en “aching”. Nocireseptore vuur en stuur seine na die rugmurg en dan na die brein. Dit word dan geprosesseer deur neurone en glia. Seine word dan weer deur motoriese bane gestuur om jou te laat reageer op die pyn. Hierdie sisteem is soortgelyk vir alle mense, maar sensitiwiteit en doeltreffenheid daarvan verskil en dit bepaal hoe jy voel oor pyn en hoe jy dit hanteer. Dis hoekom sekere mense meer pyn beleef as chroniese pyn ontwikkel wat nie reageer op behandeling daarvan nie.

Nie-voorskrif medikasie kan gebruik word vir matige pyn. Ander sterker medikasie en anestetika werk deur die pyn te verminder in pyn sensasie sisteme of deur die versterking van hantering en endorfiene. Ander mense gebruik tegnieke soos joga, meditasie of kognietiewe gedrags terapie.