D BOUCHER

Default profile image
D BOUCHER

Blog #7

2 Jun 2021, 21:53 Publicly Viewable

1. Watter anti-epileptiese middels beinvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Die volgende middels het invloed op die metabolisme van die Pil:
- Fenobarbitoon
- Fenitoien
- Karbamasepien
- Topiramaat
- Okskarbasepien

Hierdie middels verlaag die pil se effek en moet dus nie saam met die pil geneem word nie.

Die volgende middels is veilig om saam met die pil te gebruik:
- Valproaat
- Vigabatrin
- Leviterasetam
- Gabapentin
- Lamotrogien

2. Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beinvloed (vanaf neonate tot bejaardes)?

Klein konsentrasies word vir neonate toegedien aangesien hulle 'n stadige metabolisme het.

Die dosis verhoog met toename in metabolisme van babas en kinders (vinniger metabolisme as neonate).

Laer dosisse word toegedien vir bejaardes aangesien hulle stadige metabolisme en minder ensiem aktiwiteit het.

3. In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui? Valproaat in kombinasie met:

- Fenobarbitoon
- Lamotrogien
- Fenitoien