1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels
Kleiner gemiëlineerde vesels word makliker geblok as die groter vesels wat ongemiëlineerd is.
Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Die dorsale senuwees, wat impulse gelei, is meer sensitief vir blokkasie/inhibisie en word makliker geinhibeer.
2. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
- Hart
Klas 1 anti-aritmiese middels wat Natrium kanale blokkeer in die hart. Dit verkort die aksie
potensiaal en verleng die refraktere periode.
- Skeletspiere
Blok effek is te swak vir enige kliniese toepassing.
- Sentrale katesjolamiengemedieerde neurotransmissie.
Verbeterde gemoedstoestand.
3. Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Tipe prosedure uitgevoer.
- Kliniese gebruik.
- Aantal tyd benodig.
- Outonome blokkade in isvhemiese toestande.
- Postoperatiewe analgesie.
4. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Dit versnel die aanvang van werking van lokale anestetika. Dit dien as 'n bufffer.
5. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaiene
- Oksibuprokaiene
- Kokaiene