1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alifatiese syketting – Chloorpromasien
- Piperidien syketting – Perisiasien
- Piperasien syketting – Flufenasien
Piperasien veroorsaak minder sedasie a.g.v. potensie. Dit het ook minder kardiovaskulere newe-effekte.
2. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese D2 reseptore.
3. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Tipiese middels het 'n grootter affiniteit vir mesolimbiese D2 reseptore en atipiese middels het 'n grootter affiniteit vir serotonien-reseptore.
4. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
D2 reseptore.
5. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Haloperidol, want dit is 'n baie potente blokker vir D2.
6. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Muskariene-reseptor blokkade. Muskariene- en alfa- reseptore word geblokkeer deur alifatiese groepe. Dit gee aanleiding tot outonome newe-effekte.