Die stimulante word spesifiek vir ADHD pasiente voorgeskryf. Indien dit buite die indikasie gebruik word, is die pasiente nie altyd bewus van di kontraindikasies nie. Dit is belangrik om nie die middels te gebruik in pasiente met hipertensie, epilepsie of ‘n geskiedenis van middelafhanklikheid of alkolisme nie. Pasiente moet ook gereeld gemoniteer word indien die middels gebruik word. Kinders vir groeimonitering en volwassenes vir middelmisbruik en ander newe-effekte wat daarmee gepaard kan gaan. Newe effekte kan die volgende insluit: hoofpyn, duiseligheid, sedasie, tagikardie, palpitasies, arritmiee, droee mond, ens. Medikasie wat misbruik word en resulteer in stimulant oordosering kan nagevolge soos psigose, konvulsies en kardiovaskulere effekte inhou. So kan ‘n hipertensiepasient byvoorbeeld in ‘n baie gevaarlike situasie opeindig met geneesmiddelmisbruik in sy/haar onderliggende toestand. Dit kan dan resulteer in ‘n kardiale episode.
Studente wat stimulante gebruik of misbruik tydens studering, het soms nie voorskrifte vir die medikasie nie en koop dit by ander studente. Doserings word individueel bepaal en een student sal waarskynlik nie dieselfde dosering vereis of kan hanteer as sy vriend nie. Soms word middels ook nie gebruik soos dit moet nie en veelvuldige doserings word op ‘n dag geneem wat lei tot oordosering en toksiiteit. Die middels word spesifiek in eksamen misbruik en word dan skielik gestaak wanneer toetse verby is. Dit kan onttrekkingsimptome veroorsaak.
Baie mense wat die middels oorkoop, neem die die middel korrek nie. ‘n SR (slow release) kapsule is spesifiek geformuleer in lae wat stelselmatig gemetaboliseer word vir ‘n langdurige effek. Daarom kan die middels in ‘n hoe dosis gegee word. Sommige studente sny die kapsules in die helfte en deel dit met ‘n vriend sonder om die nagevolge raak te sien. Ander studente of selfs volwassenes sny die kapsule oop en snuif die poeier wat kan lei tot ‘n euforiese effek.