PETRO GRUNDLINGH

Default profile image
----------

Blog#2.1

7 Sep 2021, 20:35 Publicly Viewable

Blog 2.1: Migraine

Patologie:

Migraine kan beskryf word as ‘n neurovaskulêre toestand wat geassosieer word met die disfunksie van die serebrale senuwees en bloedvate. Die stimlili wat Migraine veroorsaak, veroorsaak primêre brein disfunksie wat gevolglik lei tot dilatasie van die kraniale bloedvate wat geïnerveer is met sensoriese vesels van trigeminale senuwees. Die gedilateerde bloedvate aktiveer die perivaskulêre trigeminale sensoriese senuwee vesels en dit veroorsaak ‘n pyn respons en gevolglik word vasoaktiewe peptiede soos Substans P en Kalsitonien Geen Verwante Peptied(CGRP) vrygestel. Die peptiede veroorsaak verdere vasodilatasie en neurogeniese inflammasie.

Middels gebruik vir behandeling:

Die Triptane, byvoorbeeld Sumatriptan, Naratriptan, Rizatriptan, word hoofsaaklik deur Klinici aanbeveel en aanvaar by pasiënte vir die behandeling van Migraine. Hierdie middels tree op as gedeeltelike agoniste op die 5HT1B/D reseptore en kan gevolglik die vrystelling van Kalcitonien Geen-Verwante Petied(CGRP) en perivaskulêre edeem in die serebrale sirkulasie verlaag.

Lasmiditan, ‘n 5HT1F reseptor agonis, verlaag die ekstravasasie van die bloedvate in die dura en gevolglik word dit gebruik by die behandeling van akute Migraine.

Die Ergot alkaloïede(Ergotamien en Ergonovien) kan ook gebruik word vir die behandeling van Migraine. Ergotamiene is vasoselektief. Dit tree op as ‘n gemengde gedeeltelike agonis op die 5HT2 en alpha-adrenoreseptore. Dit veroorsaak gladdespier konstraksie, maar het geen effek op die alpha-agonis vasokonstriksie nie.