CHARLENE DAVIS

Default profile image
CHARLENE DAVIS

Blog#2.1

19 Oct 2021, 11:52 Publicly Viewable

`n Migraine kom voor as `n kopseer wat ook gepaard kan gaan met simptome soos naarheid, braking sowel as moontlike spraakprobleme. Die neurologiese siekte kan `n paar uur duur, maar kan ook moontlik vir `n paar dae aanhou. Die pyn wat veroorsaak word is die resultaat van dilatasie van die bloedvate in die brein.

 

Die behandelng vir migraine sluit in: 5-HT1D/B  agoniste, SSRI`s, ß-blokkers, Kalsium kanaalblokkers, ergotalkaloïede, anti-inflammatoriese pynstillers en trisikliese antidepressante.

Serotonien middels vir die behandeling van migraine is onder ander die volgende: Sumatriptaan, Naratriptaan. Die middels is 5-HT1D/B agoniste wat die interkraniale vasokonstiksie verhoog om die vasodilatasie te teen werk.

Ergo-alkaloiede middels vir die behandeling van migraine is die volgende: Ergotamien en Ergovine. Albei van die middels is migraine profilakse. Ergotamien is gedeeltelik agonis by 5-HT1 en α-reseptore, die veroorsaak gladdespier kontraksies en op so manier werk migraine teen. Die meganisme van werking van Ergovine is dieselfde as Ergotamien.