CHARLENE DAVIS

Default profile image
CHARLENE DAVIS

Blog#2.2

19 Oct 2021, 12:26 Publicly Viewable

In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Verhoogde angiotensinogeenvlakke veroorsaak vasokonstriksie. `n Siektetoestand wat gepaard gaan saam die verhoogde vlakke is hipertensie. Angiotensinogeen kan verhoog/vermeerder word deur  kortikosteroiede, tiroied hormone, estrogeen en angiotensien II.

 

 

Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

Middels wat angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem werk direk op RAAS-inhibeerders. Die AOE stelsel werk indirek op reseptore en daarom kan dit ander substanse affekteer nl: bradikinien en substans P. Die kan dan lei tot ernstige newe-effekte.

 

Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

AOE-remmers is verantwoordelik vir die inhibering en omskakeling van ANG I na ANG II. Daarom kan dit verhoed word dat bloeddruk verhoog word. Dit speel `n rol by Bradikinin wat `n vasodilator is en kan daarom ook gebruik word om bloeddruk te verlaag.

 

Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Lorsartan en soortgelyke middels werk op AT1 reseptore, en `n effek op AT2 reseptore. 

 

Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë is dilatasie maar die vene ondergaan kontraksie. Outakoïede wat `n rol hier speel is Prostaglandiene, wat vrygestel word en veneuse kontraksie tot gevolg het.

 

Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

B1 en B2 reseptore. (B = Bradikinien)

 

Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

In die behandeling van hipertensie is peptiede effektief omrede dit vasodilatasie veroorsaak. Met die behandeling van kongestiewe hartversaking verbeter peptiede kardiale funksie.

 

Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is 'n ensiem wat verantwoordelik is vir natriuretiese peptiede afbreek. `n Middel kombinasie wat gebrui sal word is: Sacubitril wat 'n neprilisien inhibeerder saam met Valsartan gebruik sal word vir die behandeling van hartversaking. 

 

Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore

Vasodilatore: Stikstofoksied, Prostasiklien

Vasokonstriktore: Tromboksaan A2, Prostaglandien H2, Endotelien 1