MEGAN VOGEL

Default profile image
MEGAN VOGEL

#3.2

12 Nov 2021, 23:34 Publicly Viewable
  • Gee jou eie definisie van COLS.

Kroniese obstruktiewe lugwegsiektes, (KOLS) is siektes wat die lugweg blokkeer en so asemhalings probleme veroorsaak. KOLS word gekaraktiriseer deur die teenwoordigheid van brongiale asma, kroniese brongitis en emfiseem.

  • Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Kroniese brongitis

Presiese etiologie is onduidelik, maar dit word geassosieer met landurige blootstelling aan irritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse. 

Tekens en simptome is oortollige slym, verminderde mukosale opruiming, gereelde bakteriese respiratoriese infeksies en strukturele veranderinge in die brongialewand. Pasiënte met kroniese brongitis kan ook 'n kroniese hoes ontwikkel in reaksie op taai slym. Ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel speel 'n belangrike rol omdat die vagale refleks 'n algemene gevolg is van die stimulasie van lugwegstimulerende reseptore.

Emfiseem

Onomkeerbare dilatasie van brongiole en alveoli van die lugweg as gevolg van strukturele skade aan die wande. Lug word vasgevang in die respiratoriese ruimte wat moeilik is om uit te asem, dit lei tot swak ventilasie in die longe. Soms word die toevoer van kappilêre bloedvate verminder wat ook gaswisseling verswak.

Soos by kroniese brongitis kan rook ook 'n oorsaak wees van emfiseem, veral in swaar rokers en geneties sensitiewe mense (bv. mense met alfa-1 antitripsien tekort).

  • Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Rookgewoonte: staking noodsaaklik

Bakteriële infeksie: immunisering teen influenza en breë spektrum AB met infeksie bv. tetrasiklien

Sekrete: verdun mukus - rehidrering en stoom

Hipoksie: suurstof inhalasie

Lugvloei obstruksie: brongodilatore

Swak longkapasiteit: gereelde ligte tot matige oefening

  • Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium word gebruik om simptome soos hyging, kort van asem, hoes en bors-benoudheid te voorkom by mense met KOLS, bv. kroniese brongitis. Dit is meer effektief in langduringe gebruik as in kortermyn gebruik soos in asma aanvalle.

  • In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Teofillien verbeter kontraksie funksie van die diafragma en verhoog dus die ventilatoriese kapasiteit van die longe.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Suurstofterapie word gebruik by hipoksie. Hipoksie is 'n tekort aan die hoeveelheid suurstof wat die weefsel bereik. Suurstofterapie verhoog dus die hoeveelheid suurstof wat jou longe bereik en in die bloed opgeneem word. Wanneer KOLS sleg is en bloedsuurstof vlakke laag is help die terapie om beter asem te haal.