Blog Aktiwiteit 3.2
LE 3.2
Chroniese brongitis |
Emfiseem |
Dit is ‘n nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte wat geassosieer word met langtermyn-blootstelling aan iritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse. |
Dit is ‘n nomkeerbare verwyding van die respiratoriese brongioli en alveoli (verlies aan elastisiteit). |
Etologie is onbekend |
Etologie strukturele skade aan die wande |
Die simptome en tekens van chroniese brongitis word met mukushipersekresie, verlaagde mukosilêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies en strukturele veranderinge in die brongiale wande geassosieer |
Simptome en tekens die lug word dus in die respiratoriese ruimte van die longe vasgevang en moeilik uitgeasem, sodat ventilasie van die longe moeilik plaasvind. Verder is daar soms ook ’n vermindering van kappilêre bloedvatvoorsiening wat gasuitruiling verder belemmer |
Staking van die rookgewoonte is uiters belangrik en hiersonder kan progressie nie verhoed word nie. Psigoterapie, konsultasie en bemoediging (eerder positief as waarskuwend), asook ondersteuning met moontlik ander hulpmiddels om die gewoonte te staak is belangrik. Daar is egter omstredenheid oor die effektiwiteit van nikotienbevattende middels om die staking van die rookgewoonte te ondersteun.
Bakteriële infeksie:
Profilakties kan jaarlikse immunisering teen influenza (baie effektief) eneenmalige immunisering teen pneumokokke (minder effektief) oorweeg word. Breëspektrum-antibiotika (tetrasikliene, ko-trimoksasool, amoksisillien, ampisillien of eritromisien) kan soos nodig teen veral pneumokokke en Haemofilus influenza gebruik word.
Lugvloei-obstruksie:
Lugvloei-obstruksie kan behandel word met behulp van geneesmiddels soos vir brongiale asma. Die geneesmiddelkeuses is egter ietwat anders, soos hieronder bespreek. Die gebruik van 'n voorkamer saam met aërosole en gereelde lugvloeimonitering deur middel van 'n piekvloeimeter hou heelwat voordele in.
Sekrete:
Rehidrering (voldoende inname van vloeistowwe) en gereelde stoom (bv. idifiseerer snags) verdun die mukus en bevorder mukusopruiming.
Hipoksie:
In erge grade van COLS verbeter 18-24 ure/dag O2-inhalasieterapie die morbiditeit en mortaliteit drasties. Dit word dus sterk aanbeveel in gevalle van volgehoue hipoksie (verskeie tipes draagbare O2-houers is beskikbaar). Sommige pasiënte benodig O2‑inhalasieterapie slegs met oefening of tydens slaap.
Swak longkapasiteite:
Matige en gereelde oefening verbeter longkapasiteite en lewensgehalte, maar oet met omsigtigheid hanteer word waar hartkomplikasies reeds aanwesig is.